• Education Library

  • Library Website

  • Library Facebook

  • Library Catalogue Keyword Search

  • New Books in the Library

  • Pages

  • Select a Category

  • Visitors to this Site

  • Archives

UP Boekjol: Afrikaanse Skrywers Donderdag 6 Maart

10:00-11:00: Marieta Napierkamer, Hoofkampus: 

Joan Hambidge en Cas Vos lees voor. Joan het geen bekendstelling nodig nie – sy het meer as 20 digbundels gepubliseer, twee ernstige en drie satiriese romans, talle resensies en film- en reisrubrieke. Cas het vier digbundels op sy kerfstok; die jongste, Die afdruk van ons hande (2007), het baie gunstige resensies ontvang.  

——————————————————-

10:00: Klubsaal, Hoofkampus: Baja Lingual:

Michiel Heyns, Henning Pieterse, Charl-Pierre Naudé, Jerry Mojalefa en Andries Wessels gesels oor vertaling vir ’n veeltalige gemeenskap.

————————————————————

11:00-12:00: Acacia, oorkant Burgundy’s, Hoofkampus:  Joan Hambidge – Rapier of Knuppel:

Corina van der Spoel gesels met haar oor haar werk in ’n gesprek getitel “Rapier of knuppel”.

————————————————————–

11:00-12:00:  Marieta Napierkamer, Hoofkampus: Dolf van Niekerk

Dolf van Niekerk, bekende roman- en radiodramaskrywer en digter, gesels tussen 11:00-12:00 met Rina Thom oor sy skeppende werk. Dolf se onlangse digbundel, Nag op ’n kaal plein, is uiters positief deur kritici en lesers ontvang. 

——————————————————————-

12:00-14:00: Marieta Napierkamer, Hoofkampus

’n oopmikrofoonsessie, gelei deur Leti Kleyn. Die voorlesings word afgeskop deur die bekende Andries (Roof) Bezuidenhout, voormalige voorman van die Brixton Moord en Roof-Orkes. Andries se debuutdigbundel, Retoer, het pas verskyn. Enige digter is welkom om tydens hierdie sessie te kom voorlees in enige taal. 

———————————————————–

12:00-13:00: Klubsaal, Hoofkampus:

Ingrid de Kok, Henning Pieterse, Jerry Mojalefa, Mandla Maphumulo en Buti Skhosana gesels tydens die sessie “Gedigte nogmaals in gesprek” oor die vertalingsproses wat hulle met mekaar se gedigte ervaar het. Gedigte is in en vanuit Engels, Afrikaans, Sepedi, IsiNdebele en IsiZulu vertaal.  

——————————————————————-

15:00: Protea, Hoofkampu: Piet Haasbroek gesels met Tommy Fenyes. Piet is ’n bekende kortverhaal-en romanskrywer en sy laaste roman, Oemkontoe van die nasie, het groot opslae gemaak. 

Advertisements
%d bloggers like this: